Forums Quick Nav
Oranje Rus - Noord Kaap
jenny
Joined: 24 Apr, 2007
Posts: 114 |
Friday, 2nd January, 2009 at 10:50 am
Met ons vertrek na Kgalagadi in Desember 2008 het ons oornag slaapplek gesoek in Upington. Ongelukkig vir ons het ons net van Die Eiland vakansie oord geweet en die nag daar vertoef. Wat 'n nagmerrie - die locals neem die plek oor met hulle gevloek, gedrinkery en bakleiery. Ons is regdeur die aand wakker gemaak deur musiek, harde stemme (ek bedoel so veel dat dit klink of hulle in jou tent sit en gesels), selfs die sekuriteits persone wat deur die kamp jaag met nekbrekende spoed deur die nag - nie weer nie. Met ons terugkoms was ons weer voor die besluit waar om te oornag. Gelukkig vir ons is die mense in Upington so vriendelik dat 'n vroutjie ons aanbeveel het om by Oranje Rus Vakansie Oord 'n draai te maak. Die oord is tussen Upington en Keimoes geleë. Met ons aankoms is ons verwelkom deur die twee vriendelikste mense wat ek in 'n lank tyd ontmoet het. Wat 'n verrassing teen R160.00 'n nag vir 5 persone. Die staanplekke het heerlike skaduwee, is groot genoeg vir die grootste karavaan met sy tent, lowergroen gras, lieflike restaurant, met die mooiste en skoonste ablusieblokke wat ek nog gesien het. Die storte is prakties uitgelê en het stortdeure met 'n aparte klein aantrek kamertjie wat sorg dat jou klere droog bly (laat my dink ons moet dringend ons eie badkamer opgradeer). Daar is ook 'n lekker swembad om in af te koel. Ons het nie een aand onveilig gevoel nie aangesien die plek voldoende omhein is met ingang beheer. Die wonderlikste - geen dagbesoekers en quads word toegelaat nie!! Ons sou een aand oornag maar het op die ou end drie dae gebly - vir ons 'n heerlike rus tydperk. Ons het selfs hulle Kersete bygewoon en wat 'n wonderlike ervaring. Die ander gaste (locals) het dadelike met ons begin praat en ons het deel van 'n groot gesin gevoel. Nie iets wat jy sommer in Gauteng sal kry nie. Die eienaars het selfs Kersdag by elke gesin aangegaan om hulle met hulle te gesels. Hulle het ook nie een oomblik geskroom om kampeerders wat nie die reëls nakom nie aan te spreek nie. Aan die eienaars van die oord - baie dankie vir 'n wonderlike oord. Dit was vir ons 'n heerlike ondervinding wat ons nie gou sal vergeet nie en ons sal verseker julle weer besoek.
Sou julle belangstel om die oord te besoek hiermee die besonderhede:
Website: www.oranjerus.com
Tel no: 054 491 1010
Faks no: 054 491 1011
Email: oranjerus@mweb.co.za
Koordinate: 28º38'19.78"S
21º7'4.94"E
|
RE: Oranje Rus - Noord Kaap
willem van wyk
Joined: 3 May, 2007
Posts: 937 |
Saturday, 3rd January, 2009 at 7:24 pm
Jenny, dankie ver die inligting.
WILLEM
|
Forums Quick Nav
To start using these comprehensive and FREE CaravanParks.com
Industry Forums you need register.
This will setup a user profile and enable you to participate within the industry.
*** CLICK HERE to Register on these forums ***
CaravanParks.com - Everyone’s online camping spot…
Account Activation Request