
Die komende naweek van die 22ste tot die 24ste Januarie het ons die "Kamp dit uit" program wat 'n episode by ons kom skiet. Matthys Roets en Alexa Strachan is die aanbieders van die nuwe gewilde program op Kyk Net maandae aande. Gedurende die naweek gaan ons lekker aktiwiteite aanbied soos river rafting, plaas trip en boeresport. Saterdagaand kom die eggos orkes 'n show doen. Daar is n spesiale tarief indien julle lus voel om ons te kom join. Die spesiale tarief vir die naweek is R100/staanplek/nag. Ons het alreeds so 50 staanplekke wat bespreek is, so moenie te lank wag nie. Bespreek gerus op ons website www.kambati.co.za
Raka rustig man! Die Wes-Kaap se kalmste musiekfees en mooiste wegkomkans spoel binnekort weer sagkens oor die Breederivier se walle. Die derde RAKA Unplugged rockfees is 12-14 Februarie 2010 by Kam’Bati River Resort buite Swellendam.
Verruil die rumoer vir 'n luilekker naweek van kampeer, kalmeer, braai, brand, swem, saamsing en uitspan met van die land se beste uiteenlopende musikante wat akoesties (unplugged) optree. Dis ‘n fees vir oud en jonk, met interessante stalletjies en allerhande aktiwiteite soos swem, roei, pretdraf, skattejag, die “Breede River Floating Green Hole-in-one Challenge” en vele meer. Raka gaan ook 'n reusepoging aanwend om die wêreld se grootste stokbrood te bak.
Musikante sluit in Albert Frost & Gerald Clark, Mr Cat & The Jackal, Zinkplaat, No One’s Arc, Hot Water, Baarmoedergevoel, The Pretty Blue Guns, Gary Thomas, Thomas Crane en vele meer. Vir die moontlike Valentynsdag/Sondag-blues op 14 Februarie het RAKA ook net die ding: Bassondag – ’n Blues All Stars-samewerking onder aanstigting van die legendariese blues-kitaarman Basson Laubscher.
Kaartjies is beskikbaar by Computicket, asook by die fees se ingang, teen die volgende pryse:
Vooraf: R250 / Hek: R300 (sluit kampeerplek in).
Dagkaartjies vir Bassondag: R100 (sonder kampeerplek).
Kinders o/12: gratis toegang.
Dan is ons ook besig om ‘n christelike vrouenaweek te beplan. Indien enige iemand belangstel kontak my asb persoonlik by admin@kambati.co.za. Die beplanning vir die chalets vorder nou goed en ons behoort binnekort met die kontruksie daarvan te begin.
Die sokker wereldbeker is om die draai. Skole gaan sluit vir die maand tydperk, en baie mense gaan wegbreek. Onthou om jou planne vroegtydig te maak vir die vakansietydperk.
Kontak ons asb indien julle enige spanbou funksie, Konferensie, troue of verjaardag funksie beplan. Jy kan komissie verdien op suksesvolle verwysings.
Lekker dag verder
Vriendelike groete
Jaco Badenhorst
EVENTCO
Kam'Bati River Resort
(c) 072 3571131
(f) 086 6250586
admin@kambati.co.za
www.kambati.co.za